Astrologie

’n Handgetekende geboortehoroskoop.

Astrologie of sterrewiggelary is 'n reeks waarsêerypraktyke wat na bewering inligting oor menslike sake en aardse gebeure voorspel deur die bestudering van die oënskynlike posisies van hemelliggame.[1][2][3][4][5] Dit word sedert die 18de eeu as 'n skynwetenskap beskou.[6] Verskillende kulture het reeds sedert minstens die 2de millennium v.C. vorme van astrologie beoefen; dié praktyke het hulle oorsprong in kalenderstelsels wat gebruik is om seisoenale veranderings aan te dui en om die hemelse siklusse te vertolk as tekens van goddelike kommunikasie.[7]

Die meeste, indien nie alle nie, kulture het betekenis geheg aan wat hulle in die lug gesien het en sommige – soos die Hindoes, Chinese en Maja – het uitgebreide stelsels ontwikkel vir die voorspelling van aardse gebeure uit hemelse waarnemings. Westerse astrologie, een van die oudste astrologiese stelsels wat steeds in gebruik is, kan teruggespeur word na die Mesopotamië van die 19de-17de eeu v.C., van waar dit na antieke Griekeland versprei het en toe na Rome, die Islamitiese wêreld en uiteindelik Sentraal- en Wes-Europa. Kontemporêre Westerse astrologie word dikwels verbind met stelsels van sterrevoorspelling wat na bewering aspekte van iemand se persoonlikheid en belangrike gebeure in hulle lewe voorspel geskoei op die posisie van die hemelliggame. Die meeste professionele astroloë maak staat op sulke stelsels.[8]:83

Deur die grootste deel van sy geskiedenis is astrologie beskou as 'n geleerde tradisie en was dit algemeen in akademiese kringe. Dit is soms nou verbind met astronomie, alchemie, meteorologie en medisyne.[9] Dit was teenwoordig in politieke kringe en is genoem in verskeie letterkundige werke, van Dante Alighieri en Geoffrey Chaucer tot William Shakespeare, Lope de Vega en Calderón de la Barca.

Tydens die Verligting het astrologie egter sy status as 'n gebied van wettige geleerdheid verloor.[10][11] Ná die einde van die 19de eeu en die algemene aanvaarding van die wetenskaplike metode, het navorsers begin om astrologie suksesvol te bevraagteken op beide teoretiese[12][13] en eksperimentele grondslag.[14][15] Daar is bevind dit het geen wetenskaplike geldigheid of verduidelikbare mag nie.[8] Astrologie het toe sy akademiese en teoretiese reputasie in die Westerse wêreld verloor en algemene geloof daarin het grootliks afgeneem, totdat dit sedert die 1960's weer geleidelik toegeneem het.[16]

'n Graveerwerk deur Marcantonio Raimondi, 15de eeu.
  1. "astrology". Oxford Dictionary of English. Oxford University Press. 
  2. "astrology". Merriam-Webster Dictionary. Merriam-Webster Inc.. 
  3. Bunnin, Nicholas; Yu, Jiyuan (2008). The Blackwell Dictionary of Western Philosophy. John Wiley & Sons. p. 57. doi:10.1002/9780470996379. ISBN 9780470997215.
  4. Thagard, Paul R. (1978). "Why Astrology is a Pseudoscience". Proceedings of the Biennial Meeting of the Philosophy of Science Association. 1 (1): 223–234. doi:10.1086/psaprocbienmeetp.1978.1.192639. S2CID 147050929. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 14 November 2018.
  5. Jarry, Jonathan (9 Oktober 2020). "How Astrology Escaped the Pull of Science". Office for Science and Society. McGill University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2022. Besoek op 2 Junie 2022.
  6. * Hanegraaff, Wouter J. (2012). Esotericism and the Academy: Rejected Knowledge in Western Culture. Cambridge: Cambridge University Press. p. 171. ISBN 978-0-521-19621-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2023. Besoek op 19 Julie 2022. p. 811.
  7. Koch-Westenholz, Ulla (1995). Mesopotamian astrology: an introduction to Babylonian and Assyrian celestial divination. Copenhagen: Museum Tusculanum Press. pp. Foreword, 11. ISBN 978-87-7289-287-0.
  8. 8,0 8,1 Jeffrey Bennett; Megan Donohue; Nicholas Schneider; Mark Voit (2007). The cosmic perspective (4th uitg.). San Francisco, CA: Pearson/Addison-Wesley. pp. 82–84. ISBN 978-0-8053-9283-8.
  9. Kassell, Lauren (5 Mei 2010). "Stars, spirits, signs: towards a history of astrology 1100–1800". Studies in History and Philosophy of Science Part C: Studies in History and Philosophy of Biological and Biomedical Sciences. 41 (2): 67–69. doi:10.1016/j.shpsc.2010.04.001. PMID 20513617.
  10. Porter, Roy (2001). Enlightenment: Britain and the Creation of the Modern World. Penguin. pp. 151–152. ISBN 978-0-14-025028-2.
  11. Rutkin, H. Darell (2006). "Astrology". In K. Park; L. Daston (reds.). Early Modern Science. The Cambridge History of Science. Vol. 3. Cambridge University Press. pp. 541–561. ISBN 0-521-57244-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2022. Besoek op 6 Junie 2022.
  12. Vishveshwara, C. V.; Biswas, S. K.; Mallik, D. C. V., reds. (1989). Cosmic Perspectives: Essays Dedicated to the Memory of M.K.V. Bappu (1. publ. uitg.). Cambridge, Engeland: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-34354-1.
  13. Peter D. Asquith, red. (1978). Proceedings of the Biennial Meeting of the Philosophy of Science Association, vol. 1 (PDF). Dordrecht: Reidel. ISBN 978-0-917586-05-7. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2022.; "Chapter 7: Science and Technology: Public Attitudes and Understanding". science and engineering indicators 2006. National Science Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 February 2013. Besoek op 2 August 2016.
  14. Carlson, Shawn (1985). "A double-blind test of astrology" (PDF). Nature. 318 (6045): 419–425. Bibcode:1985Natur.318..419C. doi:10.1038/318419a0. S2CID 5135208. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2022.
  15. Zarka, Philippe (2011). "Astronomy and astrology". Proceedings of the International Astronomical Union. 5 (S260): 420–425. Bibcode:2011IAUS..260..420Z. doi:10.1017/S1743921311002602. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2020. Besoek op 16 September 2019.
  16. "Astrology - Astrology in modern times". Encyclopædia Britannica. 

Developed by StudentB